Namibia eiendomme te koop BN 591
ERF
  
Grootte: ±1160m²
Geleë in die Swakopmund omgewing.
Erf in Gholf landgoed met goedgekeurde bouplanne.
VERKOOPSPRYS: R925 000
BTW / OORDRAG KOSTE UITGESLUIT
Prys is onderhewig aan verandering sonder kennisgewing.
Volgens die eienaar is daar geen grondeise geregistreer teen die eiendom nie.
Alle huise "residentiële", besigheid geboue en besighede is vrygestel van onderstaande regulasie
Saamgestel soos op 26 Februarie 2008 sonder benadeling van regte, voorwaardes en wette t.o.v. eienaarskap kan verander van tyd tot tyd.
NAMIBIË - LANDBOUGROND : BUITELANDSE BESIT
Vrae word toenemend aan ons gestel met betrekking tot die aankoop, besit en bewoning van landbou-grond (“Plaas”-eiendom), in Namibië.
(“Besit”, “Aanwending” en “Bewoning” is verskillende begrippe vir die doel hiervan.)
Die definisie van “Plaas” is wyd en bedoel hoofsaaklik, en meestal grond, hoe klein ookal, geleë buite munisipale area, selfs grond (erwe) in on-geproklameerde dorpe – en daar is heelwat sulkes in Namibië !
Daar bestaan geen antwoord op navrae in die algemeen nie, aangesien elke persoon se navrae eie meriete het. Die algemeenheid word in die betrokke wetgewing gevind, hoewel vir die gewone persoon, Grieks.
Ter aanvang dien dit vermeld te word dat die totale aangeleentheid soms buite verband geruk word.
Die goue reël is: “Volg die prosedure soos by wet voorgeskryf en bly uit die moeilikheid’.
Meeste negatiewe, soms omstrede gebeure, het hul oorsprong daarin dat inwoners van Namibië landbougrond (Plaaseiendom en/of verwante-) te koop aanbied sonder om die voorgeskrewe prosedure te volg.
Beland verkoper, en daardeur koper, in die moeilikheid, word die blaam geplaas op, òf die betrokke eiendomsagent (namens die verkoper), òf die Regering.
Die Namibiese Regering behou die eerste reg voor om plaaseiendom te koop en indien dusdanige reg nie uitge-oefen wil word nie, kan toestemming om aan enige iemand anders te verkoop verleen word, buitelanders uitgesonderd.
Dit is vir ‘n nie-Namibiese burger moontlik om landbougrond in Namibië te besit en te benut. Ook om eienaarskap te bewys. Om sulke grond te bewoon is ‘n aangeleentheid op sy eie.
Laasgenoemdes het elkeen sy eie wetgewing om te volg.
Behalwe die wet op landbougrond, moet mense hul eerstens wend tot wettige verblyf, sou aankope ten doel hê om so ‘n eiendom te bewoon.
Dit is een ding om landbougrond te besit en ‘n ander om dit te bewoon of te betree.
Hetsy of daar van Suid-Afrikaners of enige ander buitelander melding van gemaak word, dieselfde reël geld.
Ons sonder Suid-Afrikaners uit omdat daar baie oud “Suidwesters” is wie nog nie wil aanvaar dat Namibië ‘n land op sy eie is nie. Sulkes roem op hul dubbele burgerskap in S A.
Skrywer hiervan is geen regspraktisyn nie, dog, synde eiendomsagent, word dit van hom verwag om die wetlike voorskrifte van grondbesit te ken, alternatiewelik, om oor genoegsame kennis te beskik om beide koper en verkoper te adviseer of te verwys na kenners.
Weereens, dit is geen maklike taak om antwoorde op vrae te bied nie, aangesien elke persoon eiesoortige omstandighede en behoeftes het.
Die mees belangrike aspek is dat geen buitelander direk of indirek landbougrond sonder staatsgoedkeuring mag besit nie, alternatiewelik, die beheerende aandeel daarin hê nie.
Byvoorbeeld, sou ‘n Beslote Korporasie of Maatskappy die eienaar van landbougrond wees, mag die meerderheids-belang slegs aan n Namibiese burger behoort.
Laasgenoemde voorbeeld word misbruik, en die Regering is daarvan bewus, dog magteloos.
Die “magteloosheid” van die Regering word egter versterk deur die wet op immigrasiebeheer.
Dus, sou ‘n buitelander, op welke rede ookal, 100% eienaarskap van landbougrond, (Plaas- en soortgelyke grond), eienaarskap ontvang of besit, hetsy met titelbwys of enige ander wyse, loop diesulkes hul vas In die vraag van “wettige verblyf”.
Voordat skuiwergate in die wet toegestop is het buitelanders landbougrond bekom as hul wettige eiendom, met titelbewys en meer.
Sou so ‘n persoon sy/haar eiendom wil besoek, al sou dit net wees om vir ‘n week of twee daarop te jag, ontstaan die vraag of so ‘n persoon die land wettig binne gekom het en wettig daarin verkeer
Om die laaste navraag ontvang te beantwoord :
Ja, dit is moontlik vir ‘n Suid-Afrikaner om belang in plaaseiendom te besit, hetsy met transportakte in die hand, by wyse van aandeelhouding in ‘n maatskappy of lid van ‘n Beslote Korporasie.
Dusdanige belang kan wees 100% eienaarskap, of 49% met ‘n Namibiese burger wie die oorblywende 51% besit.
Laasgenoemde kan verskans word per afsondelike kontrak/ooreenkoms.
Benutting lê weereens opgesluit in wettige verblyf, hetsy as besoeker
(3 maande), of per aansoek daartoe, tydelik (12 maande), of permanent.
Soos bovermeld, het elke persoon eie behoeftes.
Alvorens buitelanders landbougrond aankoop moet die motief daarvan in totaal blootgelê word aan ‘n betroubare eiendomsagent of regspraktisyn.
Die prosedure tot grondbesit en verblyfreg is ongelukkig ‘n omslagtige, soms frustrerende, proses en kan duur wees, die redes vir aansoeke en motiewe afhangend.
Ons
professionele span bemarkers by Wiltinnet Eiendomme het van die grootste
voorraad beleggings soos plase en ander eiendomme te koop. Plase te koop
in die bosveld, strandhuise by die see, Waterberg-waterplase, groot vyf
(5) plase, wildsplase, jagplase vanaf die Limpopo, Natal, Oos-Kaap, Wynlande
en die kusdorpe van die Kaap en Natal. Huise beskikbaar te kies en te
keur. Landwyd probeer ons bes om vir u van flinke vriendelike diens te
verskaf. Wiltinnet Eiendomme vir al u eiendomsbehoeftes. |